Die Langkloof Skietklub is in amptelik 2000 gestig deur Rey Rademeyer. Hy het met ‘n paar mede boere en vriende gesels en in Aug 2000 is die eerste openings vergadering gehou.
Daar is besluit om lede geled van R50 per jaar hef, daar was ook ‘n paar besighede wat ook hand diep in die sak gesteek het om bydrae te gee vir die skoonmaak en aankope om ‘n baan iewers te bou, die bedrae wat tussen besighede bymekaar gesit was, was tussen R100 en R500 elk en boonop in 1 van daai oorspronlikle donteurs steeds vandag een van die hoof borge van die gewilde appelskiet wat jaarliks aangebied is en wat uniek aan die langkloof bekend staan.
Bokkie Kritzinger, die skoonseun van Rey, het ‘n stuk grond op sy plaas beskikbaar gestel om ‘n baan te bou. Dit was oorspronklik net ‘n skoon gekapte veld wat later ‘n afdak gekry het. Vandag spog ons met ‘n 400m inskiet baan met onthaal saal, badkamer en braai area met 18 addisionele veldskiet bane wat jaarliks gebruik word soos die appelskiet, Ooskaap Ope en die SA Ope was ook al hier aangebied in 2019.
Die klub en baan is geskik vir die hele gesin om die sport te kom en te geniet. Ons het +-100 lede en besoekers wat aan kompetisie dae kom deelneem is altyd welkom.
